Carisa Ahlers

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou baie graag 'n rok gehad het wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek het geweet hoe die snit van die rok moet lyk maar ek was onseker oor hoe die materiaal moes lyk. Dit was meer van 'n "kom ons kyk wat is in die winkel" situasie. Nadat ons deur klomp winkels was en nadat ons van Nelspruit tot in Witbank gery het, het ek dit gesien, die PERFEKTE lap vir my rok. Ek het geweet dit is presies wat ek soek en so is my rok gemaak deur 'n tannie in Nelspruit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Nelspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was dat ek iets anders wou gehad het, iets wat uniek is en by my persoonlikheid pas. En natuurlik iets wat my gelukkig en opgewonde sal laat voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat dit so baie kleure in het. Dis soos 'n kunswerk op sy eie. Ek is verlief op die rok en die feit dat dit so anders is.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media