Cara Wessels

Hoërskool Vredendal

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Vredendal

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok het begin met ’n kleuranalise. My kleurprofiel is ’n Sagte Herfs, en daarom was die regte kleur vir my gelaat ’n baie belangrike aspek. Uit al die herfskleure was die een (brons) wat ek gekies het die perfekte weerspieëling van my styl en persoonlikheid. Vir die tipe materiaal was dit vir my noodsaaklik dat dit relatief elasties moes wees, sodat ek gemaklik en selfversekerd in my rok kan voel. Ek het ook blinkers gekies, want dit het my laat skitter en ekstra spesiaal laat voel. Die rok self is uniek omdat die blinkers saam met die gekose kleur telkens anders vertoon, afhangend van hoe die lig daarop val. Dit maak die ontwerp lewendig en vol dimensie, terwyl dit steeds klassiek en elegant bly.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is nie net ’n spesifieke ontwerpkenmerk nie, maar die hele ervaring van hoe dit tot stand gekom het. Ek was indirek betrokke by die ervaring deurdat ek die volledige maak-proses gedokumenteer het, as ‘n fotografiese opstel vir my aansoek om toelating vir grafiese ontwerpstudies volgende jaar. Dit was wonderlik om deel te wees van elke stap – om te sien hoe die materiaal geleidelik verander in ’n magiese skepping wat simbolies is van my oorgang van skoolleerder na jong volwassene – ’n nuwe hoofstuk in my lewe. Vir my verteenwoordig die rok nie net die einde van ’n hoofstuk nie, maar ook die begin van ’n nuwe reis.

Datum van matriekafskeid?

2025-08-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media