Cara Stevens

Eunice High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die plan was moeitelose elegansie in 'n kleur en styl wat by my pas. Die ontwerper, Casper Bosman, se kreatiewe speling met plooitjies en twee kleure fluweel het my rok laat leef. Dit het 'n lae oop rug, oop sye en "sweetheart" halslyn. Die helder blou en sjampanje kleurige fluweel komplimenteer wie ek is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het aanvanklik nie 'n plan gehad vir my matriekafskeidrok nie. Ek het presies geweet wat ek nie wou he nie. Wat ek wel geweet het was dat ek graag 'n rok wou he wat my as mens komplimenteer. Die eindproduk was 'n spanpoging saam met my ontwerper, wat my verstaan het. Ek glo my rok is die perfekte kombinasie van stylvol en prakties, want ek kon die hele aand gemaklik voel, lekker dans en nogsteeds mooi lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die fluweel was van die begin af vir my die een ding wat my hele rok 'n unieke karakter gegee het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media