Cara Rossouw

Robertson Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As mens het ek die gewoonte om dinge vreeslik te oordink. Ek en my ma het in die materiaalwinkel ingestap en was gereed vir ‘n lang en moeilike soektog. Al wat ek geweet het , is dat die snit eenvoudig moes wees , maar die materiaal moes my asem wegslaan en tydloos en klassiek wees. Met die eerste rol materiaal , kon ek myself visualiseer. Ek het besluit om dit by my persoonlikheid te laat pas: “Down-to-earth” , met ‘n bietjie drama!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Robertson Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok is beslis geïnspireer deur MENSE. Gedurende my matriekjaar was daar plat-op-die-aarde mense wat my elke dag verras het met hulle ondersteuning , liefde en omgee. Daarom is my rok eenvoudig, met ‘n verrassing hier en daar. Die patrone op my rok is ‘n weerspieëling van my besige persoonlikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het van elke deel gehou, maar die kleur en patrone was my gunstelling , want dit wys presies wie ek is.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media