Cara Kemp

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok straal met sy see groen-blou kleur wat my blou oë laat skyn. Ek was opsoek na ‘n elegante en simplistiese maar mooi rok ontwerp. Die lae rug en baie kort sleep agter, gesamentlik met die pêrels, gee dit die elegante effek. Die materiaal blink nie so baie soos satyn nie, maar is ook nie dof soos ander materiale nie. In die lig skyn dit mooi en vertoon glad. Ek het nog altyd gedink ek sal ‘n diep rooi of groen rok dra maar toe die blou-groen konkoksie my tref toe weet ek dit is perfek vir my!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My insperasie vir my rok kom vanaf wie ek is as persoon en wat my herinner aan die vrouens in my lewe wat almal groot rolmodelle vir my is. Die pêrels wat agter op my rug hang is ‘n juweel wat baie betekenis vir my dra. Ek bewonder nog altyd die ouer vroulike figure in my lewe wat almal elegante pêrels dra. Dit beteken baie vir my aangesien dit my ma se geboorte steen is, maar ek het nog altyd ‘n fasinasie met dit gehad! Pêrels is ‘n simbool van kennis ontgin deur ervarings en speel definitief dus ‘n groot rol in my lewe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die pêrels!!! Ek is so verlief op die stukkie uniekheid wat dit bydra tot my rok en die stories daar agter. Dit is die fokuspunt van die rok en definitief die element wat die grootste bydrae het tot die elegante gevoel. Dit pas by wie ek is en die visioen wat ek gehad het vir die rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media