Cara Breytenbach

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die finominale Joseph Anker het my pragtige rok ontwerp. Hy het presies my prentjie tot lewe gebring. Hy het goeie raad gegee en op die einde was die rok alles wat ek wou gehad het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is baie ekstroverties en hou baie daarvan om met mense te praat en ń inspirasie te wees vir dié om my. Die kleur van my rok is iets wat ek nie aan enigiemand kan beskryf nie. Dit is uniek en ongewoon. Die sjampanje kleur laat my dink aan ń ster of ń lig, wat net weereens dui op die inspirasie wat ek vir die mense rondom my is. Die kleur weerspieël my selfvertroue en warm menswees. Die snit van my rok is elegant en vleiend, wat my manier van die lewe aanpak ten toon stel.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is ń klein dogtertjie se droom wat waar geword het. Dit is ń teken van genade, na 12 jaar se harde werk en deursettingsvermoë. Dit is ń roetemerker om my te herrinner van waar af ek kom en ook waarna ek op pad is. Dit is ń aanmoediging om voluit in die grootmenslewe in te hardloop.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ons as hoofleiers van die skool het die dansbaan geopen met ń dans waaraan ons kliohard geoefen het. Die adrenalien wat deur my are pomp, maar die standvastigheid van my metgesel wat my lei. Om die dans perfek uit te voer en die gejuig te hoor van die toeskouers was verseker die hoogtepunt van die aand.

Planne vir na matriek

Ek gaan my eie besigheid begin in organiese produkte waar ek gesonde produkte teen ń goedkoper prys kan verkoop sodat dit meer toeganklik is om gesond te eet en gesond te wees. Saam met dit wil ek ń motiveringspreker wees waar ek vrouens motiveer om hulle God-gegewe plan vir hulle lewens na te jaag.

Gunsteling woord in Afrikaans

kosmos

Datum van matriekafskeid

2025-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media