Candace Galloway

Curro Hazeldean

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Om die waarheid te sê, dit het 'n een Pinterest-bord (wat ek in graad 10 begin het), twee mense (ek en my ma) en honderde inspirerende foto's gevat vir ons om my rok te ontwerp. Op die ou end weet ek dat dit ‘n wen resep was. ;)

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ons wag vyf jaar vir die oomblik, ek sou dit graag nie wou mis nie!

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Omdat ek die enigste roos tussen al die dorings in my familie is, kan julle duidelik sien waar my inspirasie vandaan kom vir die blom op my rok. My ma noem my ook altyd haar blommetjie, en daarom het ek gedink dit is baie gepas. Die swart swaan verteenwoordig elegansie, grasie, skoonheid en wysheid – dit is eienskappe waar na ek streef. Dit is waar ek my inspirasie vir nie net die kleur nie, maar ook die neklyn van my rok (wat die vlerke van die swart swaan verteenwoordig) gekry het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Behalwe vir die feit dat my ma my rok gemaak het - is dit die liefde, tyd en moeite wat sy daar in gesit het, wat ek so waardeer! Een van my gunsteling dele van my rok, is hoe ek gevoel het terwyl ek dit gedra het, ek het sekerlik selfversekerd en pragtig gevoel (dit is iets waarna enige meisie strewe). Die pragtige blom - met elke Swarovski-kristal wat met die hand op gesit is - is sekerlik my gunsteling ontwerp op my rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media