Caitlyn Hunter

Hoërskool Hans Strijdom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het n wye, baie eenvoudige groenrok met sakke gekies. Oorspronklik was dit off shoulders, maar dit het na bandjies verander. Die wydte van die rok was vir my belangrik. Ek wou n bal rok gehad het. My rok moes die week van die matriekafskeid oorgemaak word, ek het nie van die oorspronklike rok gehou nie en die naaldwerkster op Naboom moes die rok uitmekaar haal en oormaak. Ek het my rok die dag voor die matriekafskeid terug gekry en dit was die perfekte rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hans Strijdom

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

"Prinses" -die gedagte van dag 1 af. Ek het 'n eenvoudige rok gesoek, wyd met minimale detail. Ek het nooit gedink ek sal die kleur kies nie, maar was toe baie verras daardeur. Ek het baie rokke aangepas en so op die finale ontwerp besluit, waarmee ek op die einde baie gelukkig was.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die wydte van die rok het my soos n regte prinses laat voel en ek dink die sakke is nogal 'cool'.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media