Caitlin Visagie

Hoerskool Garsfontein

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Hoerskool Garsfontein

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Johan Botha het my matriekafskeid rok ontwerp.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets uniek en anders gehad het wat nogsteeds my persoonlikheid weerspieël.Ek wou gemaklik en selfversekerd gevoel het op die dag en die beste weergawe van myself gewees het in die rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek het die kans gehad om my droom rok te ontwerp waaroor ek al dink vir die laaste 12 jaar. Johan het my droom tot lewe gebring en dit beteken die wereld vir my.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hele dag was vir my n hoogtepunt. Dit was een my laaste mylpale in hoerskool en ek was ongelooflik dankbaar om dit saam my beste vriendinne te kon spandeer. Dit was een van ons laaste geleenthede wat ons saam kon deurbring en ek kon nie vir n meer perfekte dag vra nie.

Planne vir na matriek

Ek beplan om Stellenbosch Universiteit toe te gaan waar ek medies wil gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

uitverkorene

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media