Caitlin Keuler
Pearson Hoërskool
Tuisdorp
Gqeberha
Skool
Pearson Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Leandra Fourie
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Dit was geïnspireer deur Chinese Porselein se geverfde blomme.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is my storie. Van kleins af is ek hanteer soos bros. Elke keer my deursettingsvermoë afgebreek was, is dit herbou met goud wat iets uniek en spesiaal is: sterkte.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Om die aand met my vriende te spandeer en al die ander ongelooflike rokke te sien!
Planne vir na matriek
Ek gaan ʼn graad in grafiese ontwerp gaan studeer en meer diere red.
Gunsteling woord in Afrikaans
Leeubekkie
Datum van matriekafskeid
2025-10-02