Caitlin Frost

Hoerskool Trio

Tuisdorp

Kroonstad

Skool

Hoerskool Trio

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Henry Louw

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie agter my rok was om te skitter en te straal, maar ook gemaklik te wees in iets waarvan ek hou. My gunsteling kleur is blou en ek hou daarvan want dit gee mens 'n gevoelte van kalmte en gemak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok beteken vir my dat ek 'n laaste keer aan 'n einde van 'n hoofstuk kon straal en skitter. My rok het my ook laat besef hoveel ek bereik het saam met onse Vader. Die kleur van my rok het my maak voel asof ek uit 'n sprokiesverhaal uitgestap het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die oomblik nadat ek my rok aangetrek het en besef het dat dit nou my tyd is om te straal soos nog nooit tevore. Die glimlag, die rok, grimering en mini(kar) het alles mooi uitgewerk. Nog 'n oomblik wat uit gestaan het was die fotosessie saam my familie. Die hoogtepunt was verseker my metgesel se saam lag by die fotosessie en die res van die funksie.

Planne vir na matriek

My planne na matriek is om Bou- en Siviele konstruksie te gaan studeer om sodoende my Siviele Ingeneurs diploma te bekom. Ek wil nie net aan aardse dinge bou nie, maar ook verder aan myself.

Gunsteling woord in Afrikaans

My gunsteling woord is 'steunpilaar'. Die Here is my steunpilaar,want Hy is altyd daar as jy iemand nodig het.

Datum van matriekafskeid

2025-10-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media