Caèlee Johnstone
Ouderdom
18
Tuisdorp
Potchefstroom
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Ferdinand Postma
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou ñ rok hê wat sagtheid en krag, elegansie en selfvertroue, drome en volwassenheid saambring.
Ek wou hê my rok moes wys dat n mens sag kan wees sonder om swak te wees, elegant sonder om perfek te wees en selfversekerd sonder om iemand anders te probeer beindruk.
Ek wou nie net mooi lyk vir een aand nie, ek wou voel soos die meisie wat ek nog altyd gedroom het om te wees – sag, sterk, elegant en heeltemal myself.
