Cady Van Hansen

Robertson Hoerskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek moes iets kies wat by my lyf gaan, klein bo, groot onder. Ek het die prentjie gehad, en na die ontwerper geneem, en hy het saamgestem dat dit baie mooi by my sal pas. Aan die begin kon ek nie die prentjie sien nie, maar die finale produk was beslis alles wat ek wou he. Ek het geleer dat mens partykeer te haastig is en net geduldig moet wees en wag vir die eindresultaat.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Robertson Hoerskool 28 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het deur so veel matriekafskeid rokke gegaan, so baie red carpet gebeure gekyk op tv. Maar die oomblik toe ek n prentjie van die rok sien toe weet ek onmiddelik dit is vir my. My ma het altyd gese ek moet iets kies wat my lyf gaan komplimenteer, en ek dink ek het presies dit gedoen. Die kleur was van die begin af wat ek wou he, en ek het dit glad nie deur die jaar verander nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele rok was my gunsteling. Dit is so moeilik om iets uit te sonder as die rok vir my so perfek was. Die kleur, die ontwerp, die lengte, die snit, alles het net so mooi bymekaar gepas.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media