Caden McLaren

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok moes my persoonlikheid uitbeeld. Ek sal se die drie woorde wat my rok perfek beskryf is tydloos, elegant en duursaam. Dit was vir my belangrik dat my rok uniek moes wees, maar tog minimalisties en die sagte pienk kleur het sonder twyfel my hele prentjie bymekaar gebring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek sal sê gedurende die afgelope 18 jaar van my lewe het ek geleer om altyd "authentically" myself te wees en dis presies wat my rok uitgebeeld het. Die sagte pienk het my sagtheid geillustreer en my handruiker het my stylvolle maar ook moderne idees bymekaar gebring. Johan Botha Couture het beslis my sprankelende persoonlikheid in die rok vasgevang en elke besoek aan hulle was 'n hoogtepunt.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek sal defnitief sê my sakke was n wenner, dit het die aand vir my so gerieflik gemaak en bygedra tot die gemak van my rok. Die rok was baie beweeglik daarom kon ek die dansvloer volluit aanpak en elke oomblik geniet. My moue was ook n plus punt aangesien dit maklik kon afhaal en ek 2 illustrasies van my rok kon skep.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media