Caden Magalie

Charlie Hofmeyr

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was 'n kombinasie van 3 verskillende idees wat saamgevoeg was. My droom was altyd om 'n rok te dra van my keuse en styl,maar bowenal om my persoonlikheid na vore te bring. Die kant moue van my matriekafskeidrok moes die moderne styl uitbeeld,maar ook die elegante afronding uitbring.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar was verskillende inspirasie vir my ideale matriekafskeidrok gewees. Die kleur van my matriekafskeidrok was iets wat my selfbeeld meer moes uitbring. Die korset bokant se inspirasie het gekom vanaf 'n foto op die internet. Die keuse van die skouer gedeelte het my soos 'n prinses laat voel. Die onderkant se inspirasie het gekom vanaf Natasha Joubert,Mej Suid-Afrika 2023, se finaal uitrusting by Crown Chasers se televisie uitsending. Die slit met die stukkie kant was beslis 'n moet wat moes bydra tot die finale eindresultaat van my droom matriekafskeidrok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was beslis die bokant van my rok gewees en dit het meer lewe en afronding aan my pragtige matriekafskeidrok gegee.My matriekafskeidrok se bokant was vir myself iets besonders en stylvol en het my so uniek laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media