Bie van der Merwe
Ouderdom
18
Tuisdorp
Middelburg
Skool en dorp/stad van skool
MHS Middelburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie was om iets anders as die gewone te kies – ’n rok wat my persoonlikheid weerspieël. Ek wou vars, modern en elegant lyk, met ’n bietjie waaghalsigheid. Lemongeel het vir my sonskyn, vreugde en selfvertroue gesimboliseer. Ek wou nie net mooi lyk nie, maar myself wees: modern, selfversekerd en beslis nie bang om anders te wees nie!
