Bianca van der Walt

HMS La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is anders en kompleks - net soos ek. Oorspronklik was die idee 'n geel en groen blom effek, maar toe kry ek die pienk blomme-lap wat my asem weggeslaan het. Dit is lae van pienk skakerings om die idee van die blomme nie oorweldigend te maak nie. Daar is natuurlik 'n bietjie glitter vir ekstra detail wat die rok net perfek kon maak

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HMS La Rochelle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het van verskeie bronne gekom. Daar was natuurlik Tiktok, waar ek die blomme idee gesien het op Ava Gowns, maar kon natuurlik nie die rok bestel nie, want dit sou my nie betyds bereik nie. Ek het toe begin ontwerp uit my gedagtes. My grootste inspirasie het ek geput uit my outisme. Ek wou 'n rok ontwerp vir myself wat ek van sou hou en wat sensories gemaklik kon wees. Ek wou 'n rok hê vir myself - wat my persoonlikheid kon uitbeeld.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was natuurlik die moue. As ek angstig raak, hou ek baie van langmoue, want ek kan aan dit raak onderlangs sonder dat ander mense agterkom. Ek het ook baie gehou van die glitter onderlaag wat die rok gehad het. Baie mense weet nie, maar ek is mal oor glitter en sparkles. Terwyl ons die foto's geneem het, het ek dit baie geniet om die rok in die rondte te draai of met die rok te "flap", want dan het die glitter met die sonlig reageer en het dit my beeldskoon laat voel. Nog 'n bonus was dat die rok nie swaar was nie - mens sal verwag dat al die lae waaruit die rok bestaan het, swaar sou wees, maar ek kon tussen bosse stap vir die foto's met gemak.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media