Bianca Van Den Berg

Hoërskool Vredenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dis n lemmetjie sequin rok met n meermin snit. My rok het n halternek en n oop rug met n enkel band. Onder aan die agterkant is dit met die ruched styl aan mekaar gewerk, en dit het n Sweep train.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Vredenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê dat my rok my moes laat voel of ek op een van Versace se mode vertonings in die 90s kon verskyn.Ek was meestal geïnspireer deur Versace se 1995 tot 1998 mode vertonings. Ek wou hê dat dit elegant en minimaal moet wees, maar ook skitterend. My keuse het gelê tussen groen en pienk ,maar die pragtige lemmetjie groen het vir my baie uitgestaan.Die kleur laat my dink aan die natuur,positiwiteit,hoop en harmonie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die oop rug en die kleur wat soo goed saam met die snit gaan.Die kleur laat my gelukkig voel ,omdat dit vir my vreugde en geluk simboliseer.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media