Bianca Naude

Hoërskool Dinamika

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n elegante beige ontwerp met 'n glinsterende laag van silwer steuntjies bo-op. Die rok straal 'n silwer glans uit en skitter pragtig in die sonlig. Dit het 'n subtiele split voor aan en 'n oop rug wat bydare tot die moderne styl wat ek graag wou uitbeeld. Die rok word afgerond met moue wat n unieke en elegante voorkoms bied.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Dinamika

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was Demi-Lee Nel Peters se rok toe sy Miss Universe gewen het in 2017. My rok het 'n vergelykbare silhoeët gebruik, maar ek het dit op 'n unieke manier persoonlik aangepas om my kreatiewe inslag te weerspieël. Die doel van die neutrale kleure was om natuurlike skoonnheid te beklemtoon. Neutrale kleure kan 'n tydlose elegans bring en help om die aandag te vestig op die ontwerp en pasvorm van die rok. Die langer moue voeg 'n bietjie ekstra styl en elegans by, terwyl die split voor 'n subtiele sexy element tot die ontwerp voeg.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hierdie rok is ontwerp om die natuurlike vorm van my lyf te weerspieël, en dit het daarom nie net elegansie beklemtoon nie maar ook unieke kenmerke wat my rok onderskei van die tradisionele matriekafskeidrok. My gunsteling deel van die rok was hoe die rok my laat voel het, vol selfvertroue en stylvol.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media