Bernadette Schonken

GED homeschool

Ouderdom

17

Skool

GED homeschool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Met goue satyn lap, saliegroen glinsternet bo-oor en die fyn afwerking van steentjies en kleurvolle blommetjies het dit n betowerende effek gehad met elke tree. Hierdie rok was asof ek uit n sprokiesboek uitgestap het..Die rok se korset was gemaak uit groen glinsternet met die mooiste steentjies wat soveel detail geskep het, asook die verskeie pastel kleur blommetjies wat van die korset afgeloop het op die romp. Die WOW faktor van die rok was hoe meer jy kyk, hoe meer was jou oe soekend na die fyner detail in die rok, daar was nie n enkele teleurstelling gewees nie en hierdie rok stylvol en elegant laat vertoon. Dit was nie net 'n rok nie, dit was 'n gevoel, 'n oomblik, 'n droom wat waar geword het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

As kind was ek lief daarvoor om prinses te speel, ek het vas geglo dat eendag sal ek n prins trou en elke dag my mooiste rokke dra. Aangesien my gunsteling kleur ook groen was, het hierdie rok nie net afskeid geneem van matriekjaar nie, maar afskeid geneem van my kinderjare en was eintlik n huldiging na wat wie ek was en wie ek nou is. Ek was opsoek na n rok wat klein Bernadette se hartjie sou aanraak. Hierdie rok het dit gedoen.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit is eerlikwaar so moeilike vraag, want hierdie rok was letterlik perfek vir my. Fotos kan nie eers naby kom om die "essence" van die rok op te vang nie. Ek dink al die glitter en steentjies wat orals op die rok was het vir my die meeste uitgestaan, dit was vir my so mooi gewees. Met die son wat op dit val het dit nogal besonders gelyk. Ek is ook mal oor blomme, so die blommetjie detail was vir my so spesiaal!

Datum van matriekafskeid

2025-08-16

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media