Bejanke Bezuidenhout

Hoërskool Hopefield

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het Anlia by Afrikaans is Groot gesien met hierdie rok en dadelik geweet..Dit is my rok! Ons het bietjie navorsing gedoen en uitgevind dat Anel Botha die onwerper vanndie rok was. Ons het die einste rok opgespoor by Calvers Bridal in Klerksdorp. Ons woon aan die Weskus en het die pad aangedurf om die rok aan te pas. Hy het perfek gepas! Dit was die enigste rok wat ek aanpas het en hy het dadelik perfek gepas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hopefield

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Hierdie kersierooi rok was die kersie op my geseënde skoolloopbaan! Die rok se dramatiese styl en speelsheid het my persoonlikheid weerspieël. Vrolik, optimisties en lief vir die lewe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Soos Anel Botha sê: 'Ek is stout vir 'n strikkie'...was dit beslis die rooi strik op my skouer. Die rok was soveel pret op die dansbaan en het gedraai soos 'n prinses s'n. Die rok was baie gemaklik en bo alles het die rok uitgestaan en koppe laat draai. Dit was my droom rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media