Ava van Heerden

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok wat ek gekies het, was tydloos en elegant. Dit was Perfek vir my. Ek kon my Tekkies dra asook van my gunsteling sokkies (ek is mal oor funky sokkies).

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is 'n rabbedoe, en Matriekafskeid rok was die laaste gedagte by my... Die rok het my gevind, een Saterdag middag in Canal Walk by Eufrasia, toe ek die rok sien het ek geweet dit is die rok vir my Matriekafskeid, ek wou na geen ander rokke kyk nie. Ek het dit aangepas en dit was gemaak vir my - geen verstellings nodig nie (Dit was 'n teken - Dit is MYNE).

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my Matriekafskeid rok was dat ek steeds my Tekkies daarby kon dra omrede dit so lank en vloeiend was, ek is nie gemaak vir Hakskoene nie, en my stempel sal ek afdruk, een tekkie op 'n slag...

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media