Ashlynn Nel
Die Hoërskool Menlopark
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Die Hoërskool Menlopark
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Jamine by Eloise
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Worpe (atletiek) is deel van my DNA, ek is 24/7 in oefen klere, ek gooi gewigstoot balle rond elke dag, om die gevoel van MX rok te kry was erg uitdagend. Boonop wat gemaak met my liggaamsbou?, ek is nie 'n skraal meisie nie. Ek wou gemaklik voel, met nie te veel "fancy"goete nie. Ouma het gesê stylvol en eenvoudig sussie, dis wat ek gedoen het.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die matriekafskeid, rok en die res van my voorkoms daai aand het my gedwing om uit my gemaksone te beweeg. Dit was opwindend en my laaste "spieël-kyk" was "job well done"Ashlynn!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Als was 'n absolute fees!
Planne vir na matriek
Ek hoop om Worpe (ateletiek) beurs te kry in USA. Wag nog vir antwoorde.
Gunsteling woord in Afrikaans
Droom
Datum van matriekafskeid
2025-10-03