Ashley Coetzee

Oranje Meisieskool

Tuisdorp

Bloemfontein

Skool

Oranje Meisieskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het dit self ontwerp deur twee rokke waarvan ek gehou het een rok te maak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het al van kleins af ń idee gehad oor hoe my matriekafskeidrok moes lyk. Elke jaar het daar ietsie bygekom wat die rok nog meer uniek gemaak het. Ek wou n rok gehad het wat uitstaan en uniek en eie aan myself was.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het vir my baie beteken, want dit was meer as net ’n mooi kledingstuk — dit was ’n simbool van ’n belangrike mylpaal in my lewe. Toe ek dit aangetrek het, het ek gevoel asof al my harde werk, groei en herinneringe van die skooljare bymekaar gekom het in daardie een oomblik. Die rok het my selfvertroue gegee en my laat besef hoe ver ek gekom het. Dit was ’n spesiale aand waar ek trots kon wees op wie ek geword het en vol opgewondenheid kon uitsien na die toekoms.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was toe ek in my droom kar, ń 2025 GT Mustang, gery het teen ń spoed wat my pa nie noodwendig sou toelaat nie. Nog ń hoogtepunt was die pragtige saal en dat ek die aand saam met my vriende kon spandeer.

Planne vir na matriek

Ek wil volgende jaar medies by Kovsies gaan swat.

Gunsteling woord in Afrikaans

Blom

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media