Ek kon nie besluit op 'n kleur nie, maar geweet dit gaan nie 'n "gewone" tiepe matriekafskeid rok wees nie.. Dit gaan anders wees.. Iets wat my persoonlikheid 110% sal weerspieël .. ek en mamma het rok idees uitgeruil.. Ek het op 'n rok besluit.. Ons het 'n ding, bid daaroor, en die HERE sal die uitweg gee.. soos dit die Wil moet wees, is my grootte uitverkoop.. Ek soek verder.. en toe sien ek die mooi pienk valle rok.. en ekt geweet.. Weer het ek gebid en gewag.. en sowaar die rok was MYNE!!!! .. my rok hang al van Junie in my kas.. Ekt soos 'n absolute prinses gevoel in my rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
N totale weerspieëling van my persoonlikheid. Valle, sag en vroulik. Korset bostuk, staan op vir reg en geregtigheid.