Arné Vermaak

Hoër Volkskool Heidelberg

Tuisdorp

Nigel

Skool

Hoër Volkskool Heidelberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Shein

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek kon nie besluit op 'n kleur nie, maar geweet dit gaan nie 'n "gewone" tiepe matriekafskeid rok wees nie.. Dit gaan anders wees.. Iets wat my persoonlikheid 110% sal weerspieël .. ek en mamma het rok idees uitgeruil.. Ek het op 'n rok besluit.. Ons het 'n ding, bid daaroor, en die HERE sal die uitweg gee.. soos dit die Wil moet wees, is my grootte uitverkoop.. Ek soek verder.. en toe sien ek die mooi pienk valle rok.. en ekt geweet.. Weer het ek gebid en gewag.. en sowaar die rok was MYNE!!!! .. my rok hang al van Junie in my kas.. Ekt soos 'n absolute prinses gevoel in my rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

N totale weerspieëling van my persoonlikheid. Valle, sag en vroulik. Korset bostuk, staan op vir reg en geregtigheid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Defnitief die fotosessie, saam met oumas en oupas - bevoorreg om beide van pappa en mamma nog te kan hê, saam pappa,mamma en my sussie. Laaste “memories” saam met vriende en vriendinne!! N aand van lag en dans. Lekker kos!!!

Planne vir na matriek

By Aros te studeer vir grondslagfase juffrou!!! Baie baie baie opgewonde!!!!!

Gunsteling woord in Afrikaans

Sielsgenoot

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media