Anzelle Myburgh

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het van graad 9 af hierdie idee van ń matriekafskeid rok gehad , ń idee wat tot nou toe nog nie vervang kon word nie. Ek het gesoek na ń rok wat perfek sal pas by my ligte vel en my persoonlikheid. My eerste keuse was definitief nie swart nie , maar toe ek met die ontwerper praat en fotos wys , toe skree die rok net swart. Ek het gesoek na ń rok wat niemand anders sal hê nie , asook ń rok wat net by my sal pas. My ontwerper het dit vir my so maklik gemaak om die perfekte materiaal te kry wat gemaklik en styvol is. ń rok wat nie net ńgewone swart rok is nie maar wat ń unieke , sagte swart rok is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

ń sagte stylvolle maar gemaklike rok was my grootste inspirasie. Ek het besef dat ek soos ń prinses gevoel het en terselfdetyd ook so gemaklik gevoel het in hierdie unieke rok. My ontwerper het my sekerheid gegee oor my droom matriekafskeid rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is definitief die kort broekie , aangesien ek die dogtertjie was wat net tussen seuns in die familie groot geword het en karretjies gekies het bo pop speel.

Datum van matriekafskeid?

2023-07-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media