Anzelle de Jager

Voortrekker High School Pietermaritzburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het hierdie ontwerp gesien op Pinterest toe ek slegs in Graad 9 was, en van daar af kon ek nie wag om daarin na my matriek afskeid te gaan! My ontwerper is n dame wat in ons straat woon en n inkomste verdien uit die maak van rokke. Ek het besluit om haar te ondersteun eerder as n wel bekende ontwerper aangesien mens na die mense wat naby aan jou hart lê, moet bystaan. (En mamma het nie nodig gehad om my op en af te rits nie 🤪)

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My seleksie van die turquoise kleur vir my matriek afskeid rok was n wel deur dinkte besluit! Dit simboliseer wysheid om goeie besluite te neem in die nuwe fase van my jongmens lewe, beskerming van my Hemelse Vader, en geseënd te wees in alles wat ek gaan aanpak. Met loyaliteit as my lewens moto en delikate veertjies op die kant gedeelte van my rok, verteenwoordig dit my aspirasies om grasieus die toekoms van Rekeningkunde aan te pak! Hierdie rok, in sy elegansie, nooi my voete moeiteloos uit om te dans 💃

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rug asook die romp gedeelte waarin ek lekker kon tiekie-draaie gooi! 🥰

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media