Anzel Nieuwenhuis

Hoërskool Secunda

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n sagte blou kleur met 'n halternek en korsetstyl wat agter inryg. Die bokant is versier met baie glinster steentjies, kraletjies en "glitter" met blink juweelvormige afronding om die middel. Die onderkant van die rok is vloeiend met donkerder blou materiaal wat blink en bedek is met sagte net.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Secunda

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was die idee van 'n rok wat verskillende style kombineer, wat my liggaamsbou sou komplimenteer en wat sou uitstaan op 'n elegante, stylvolle wyse. Met die aanpas van rokke by Wedding Bells in Witbank, het hierdie spesifieke rok my verwagtinge oortref, want nooit het ek gedink om dadelik 'n rok te kry wat aan al my vereistes sou voldoen nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok beeld my persoonlikheid baie goed uit. Ek is mal oor die boonste gedeelte van my rok wat 'n unieke styl is en baie blink. Ek hou die meeste van die feit dat ek só gemaklik voel in só pragtige rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media