Anzel Marais

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ‘ball gown skirt’ se onderste laag materiaal is satyn met 2 lae mesh en dan geblomde organza bo-oor. Die bostuk is ‘n korset met ‘n ‘lace up’ agter.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Noordheuwel

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die materiaal toe ek dit gesien het. Ek het dadelik gedink dat dit ‘ek’ is. Sonder dat ek besef het, het ek soortgelyke materiaal gehad met my gr.7 Leierskapsafsluitingsfunskie se rok. So die materiaal is werklik net ‘n uitbeelding van wie ek is. Die snit het ek gekies om gemaklik in te kon wees en net die aand te kon geniet. Dis tog mos waaroor dit eintlik gaan…. om soos ñ prinses te lyk, te voel en dit te geniet soos een.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleure van my rok en die ‘ball gown skirt’ met die korsetbostuk wat aaneen was. My rok het elke gedeelte van my lyf gekomplimenteer. Die kleure het my oë ook laat uitstaan en gekomplimenteer.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media