Anze Lochner

Hoërskool Oosterlig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het hierdie rok gekies want toe ek instap by die wonderlike ontwerper toe het ek n visie van Beauty and the Beast, geel en kant materiaal.Ons het gespeel met klomp idees en die visie van hoe Bella , Beauty in die sprookie afspeel. Haar rok het uitgestaan en soo het ek my idee gekry van n geel en n unieke helder rok. Die rok het my droom laat waar word en dit het my die Beauty gemaak in my eie sprookie wêreld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleins af het ek orals waar ek kon rokkies teken. My barbies en ander poppe het almal geel rokke gehad. Ek het toe al gedroom om soos bella van beauty and the beast eendag n geel rok te kon dra en ook soos n prinses te kon voel. Toe ek aan die idee van my matriekafskeid begin dink het was ek verseker van een ding hy moes geel wees en daar moes iets met blomme wees. Blomme bring vir my vreugde en laat my na die plaas verlang. Ek het vir Tannie lily vroeg in die jaar ontmoet en daar het ons idees begin deel. Sy het presies geweet wat my visie was en net daar het sy al my drome laat waar word. My patroon was uniek so ook die geel. Sy moes die kant spesiaal kleur om die perfekte geel te wees. Elke stukkie kant was apart vasgewerk. Daar was 100de steentjies en beads met die hand opgewerk. Tannie Lily het die klein dogtertjie so groot droom bewaarheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die reaksie wat dit veroorsaak het. Almal was stom geslaan. Die romp wat op en afgehaal kan word. Die Bling van die rok en meeste die patroon van blomme en beads.Die helderheid wat dit gebring het vir my glimlag en die geluk wat dit my familie gegee het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media