Anya Human

Hoërskool Dr. EG Jansen

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ń bietjie van alles! Alhoewel my rok nie te besig is nie, is dit nogsteeds elegant en stylvol. Die kleur van my rok is baie uniek, ń kleur wat mens min sien wanneer dit by rokke kom. Dit het 3 kleur verskynsels afhangend van die lig: stofblou, gruis-blou en pers. Die kleur(e) van my rok verteenwoordig my persoonlikheid en wie ek is, sterk maar saggeaard, uniek en anders!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Dr.EG Jansen

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd gesê dat ek soos n prinses wil voel en lyk wanneer die groot- Matriekafskeid dag kom. Ek het altyd gesê dit moet ń sleep hê, dit moet ń bietjie bling hê (maar nie teveel nie) en dit moet 'puffy' wees. Maar die belangrikste vir my was daar moet iets uniek aan my rok wees, en die kleur(e) van my rok is virseker uniek!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is virseker die kleur en die sleep! Die kleur van my rok verander afhangend van die lig. Omrede dié kleur min gesien word by Matriekafskeidrokke, is dit my gunsteling deel, want dis anders, nes ek. Die rok oor die algemeen is net ek! Elke boksie was afgetick!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media