Anushke Niemand

Midstream-College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het die lap en kleur saam met my pa gekies. Ons het gehou van die kleur omdat dit vars is en mooi sou vertoon in die aand (dit blink pragtig). Ek het vir my ma genoem dat ek dit nie te wyd voor wil hê nie (A-lyn), en meer wyd agter ("fishtail"). Die korset moet styf genoeg wees om die romp bo te jou, wat 'n redelike uitdaging was tydens die beplanning, aangesien ek nie bandjies wou hê nie. Sy het besluit om 'n stewige beldjie te maak wat die gewig van die romp sou kon dra. Om te keer dat die lap my nie aan die binnekant van my arms sou skaaf nie, het sy eenvoudig net die sypanele met 'n enkel lagie tulle oorgetrek. Die materiaal het blopsies gom met blinkers en steentjies bo-op. So sy moes stekie vir stekie versigtig met die masjien werk om te keer dat die naald nie sou breek nie. Sy moes ook tydens die bokke se wedstryde sit en nate platwerk met die hand aan die binnekant om te keer dat die nate nie regop staan nie. Ek was absoluut mal oor my rok en het nooit gedink dat dit so mooi sou uitdraai nie!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Midstream-College

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar was verskeie vorme van inspirasie agter my rok. Alhoewel ek op Pinterest en Instagram na idees gekyk het, was daar op die ou einde geen foto of spesifieke prentjie waarvan ons af gewerk het nie. Ek wou baie graag 'n tydlose, sjiek ontwerp gehad het wat ook miskien as 'n moderne "twist" van Cinderella gesien kan word (net ook met 'n paar lekker hoë hakke). Ek wou baie graag gehad het die rok moet baie kan blink, veral in die aand sodat dit op die verhoog ook mooi kan lyk, aangesien ons na die matriekafskeid ons rokke vertoon aan ons skool. My rok kan ook vergelyk word met Alice in Wonderland, omdat die blinkende blou lap dit van enige oog vereis om mooi te kyk na fyner detail soos die pêreltjies bondie korset en die riffel randjie van die slit. Daar is net meer en meer om raak te sien hoe langer 'n mens daarna kyk, net soos n raaisel. My rok kan op verskillende maniere gedra word, byvoorbeeld met die bylas van 'n paar swart handskoene draai die hele atmosfeer om in dit van 'n Hollywood fotosessie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was gaande oor die korset gedeelte wat soos 'n handskoen aan my lyf gepas het. Die klein pêreltjies wat my ma aan die boonste randjie vasgewerk het en selfs die klein steentjies wat dieselfde goue kleur is as die voering gedeelte van my rok was het die rok vir my baie spesiaal afgerond. Die voering was 'n toevoeging wat eers aan die einde bygekom het. Oorspronklik was daar net twee lagies tulle aan die binnekant van die romp. Ek het nie kans gesien dat die rok te veel moes deurskyn nie en my ma het toevallig die satyn onder uit die kas gehaal en gevra of dit sal werk. Ek was dadelik gaande daaroor en sy het die blink gedeelte aan die binnekant gesit. Dit het luuks gevoel en ook verhoed dat die tulle nie statiese elektrisiteit sou opbou nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media