Ansja Van Niekerk

Hoërskool Durbanville

Tuisdorp

Durbanville

Skool

Hoërskool Durbanville

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My matriekafskeid rok is gemaak en ontwerp deur Ilse Roux.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek onthou nog hoe ek by my skool elke matriekafskeid gaan kyk het en al die rokke dophehou het. Daar was een rok wat vir my uitgestaan het en dit is waar ek verlief geraak het op die valle van die rok en waar ek my inspirasie gekry het vir my matriekafskeid rok. Ek het nooit n vaste idee gehad van watter kleur my rok eendag moet wees nie, totdat Ilse Roux vir my se dat my kleur n Watermelon kleur gaan wees. Toe ek en Ilse die dag my materiaal van my rok gaan koop het was daar toevallig waterlemoen prentjies op die tafel waar die materiaal afgemeet word en dit was toe ek weet dit is die kleur en dat dit meant to be is. Die inspirasie was die rooi-pienk kleur wat in n waterlemoen voorkom. En daarom kan my rok gesien word as n rooi of n pienk kleur dit hang af hoe dit daarna gekyk word en hoe die lig daarop val.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeid rok beteken so baie vir my. My rok is n visuele uitbeelding van die persoon wie ek is. Ek is iemand wat altyd “go with the flow” net soos my rok letterlik gaan met die vloei van die valle wanner ek stap wat op my rok voorkom. Ek is iemand wat altyd n glimlag op my gesig het en iemand se goue sparkle te wees net soos die stukkies sparkle wat op my rok voorkom wat die mooi uitbeeld. My gunstelling gesegde is “hoe rooier hoe mooier” en dit pas perfek by wie ek is en wat my rok visuel wys .

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was defenitief die instap. Mens stress altyd oor die instap want daar is altyd die gedagte van wat as ek val of wat as iets verkeerd loop, maar toe ons eers begin stap het die gedate van “wat as..” heeltemal verdwyn. Alles was net perfek. Die mense , die vibe, die wind, die musiek en die rok. Saam met die instap was die afterparty defenitief ook n hoogtepunt. Ek het ook voor die matriekafskeid n photoshoot gehad op Langebaan se strand met Lizaan Nel wat die rok mooi vasgevang het.

Planne vir na matriek

My planne vir volgende jaar is dat ek NWU toe gaan om onderwys te gaan studeer en my netbal droom uit te leef.

Gunsteling woord in Afrikaans

LEKKER

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media