Ansie du Plessis

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het vir Yihan Bronn, die ontwerper, verskeie foto’s van Pirates of the Caribbean gestuur en ons het daaruit die era gekies asook al die leer wat daardie tyd in hulle klere was geneem en dus die rede vir die leer korset en gerygde toutjies aan die kant asook die leer knopies op die moue en voor oor die kant. Die moue wat styf vasknoop voor is ook van hier af gekry asook die kant voor en die groot “ballgown” rokvorm. Die kersie op die koek was my gemaklike bruin leerstewels wat ek by kon dra. Ek wou groot moue gehad het en het foto’s van Lord of the Rings se kostumms gestuur asook die Elwe se moue, maar wou meer gemaklik wees en was bang dat wye moue bemors sou word ens. Ons het toe die Pirate “cuffs” ingesit en “poofy” moue. Ek hou baie van die kleur gebruik van Star Wars en het ‘n skets gestuur van ‘n turkoois rok soos die water op Naboo en so is die blou kleur gekies. Natuurlik moet dit ook ‘n aand rok wees en dus die sagte blink “sheer” materiaal en die pienk pêrels op die moue dra by tot al die flieks se gevoel en het ek dus ook përels in my hare en om my nek gehad. Die hangertjie is ook spesiaal ontwerp vir my.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor rolprente vandat ek kan onthou. Dit speel ‘n groot rol in my lewe, want ek is mal oor elke aspek daarvan, die toneelspel, die kamera werk, die stelontwerp en die ingewikkelde storielyne wat noukeurig uitgedink is en alles soos ‘n legkaart in mekaar pas. Ek geniet films wat ander wêrelde betref. Ek en my familie oor analiseer films deur net na hulle te kyk en sien die kleinste details raak en geniet dit om gesprekke oor alles te voer, mense het al vir my gesê hulle vertsaan nie hoe ek ‘n fliek een keer kan kyk en soveel daarvan inneem nie. Ek het die eerste keer ‘n Star Wars Fliek gekyk toe ek 4 was en ek en my sussie moes dit eers verstaan voor ons die volgende een mag gekyk het. My 6de verjaarsdagpartytjie was ‘n Star Wars partytjie en ek kry toe ook my eerste lightsaber. My gunsteling flieks sluit in The Chronicals of Narnia, Marvel, Lord of the Rings, Pirates the Caribbean, Star Wars, Hunger Games en die Harry Potter-boekreeks. My gunsteling genre is fantasie en aksie flieks en daar is net te veel om te noem. Ek en my gesin kyk 2-5 flieks ‘n week afhangende van hoe baie werk ons het, maar probeer elke week ten minste een fliek kyk. Ek is ook baie lief vir die musiek van die flieks – die Score - en luister dit meeste van die tyd in my vrye tyd saam met Countrymusiek. Flieks speel ‘n baie belangrike rol in my lewe vandat ek kan onthou en daarom wou ek hulde aan hul rol bring deur my Matriekafskeidrok. Die grootste inspirasie vir my rok was Pirates of the Caribbean en daardie tydperk met elemente van Star Wars en Lord of the Rings.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hoe gemaklik my rok was asook die detail van dieselfde knope op die moue, voor af asook op die rug. Ek kon my droom uitleef van ‘n filmrok dra sonder dat dit voel soos ‘n kostuum en ek was gemaklik met die hoepelromp onder en was dus nie te warm nie en hy was net reg gesny en nie te laag dat dit ongemaklik was nie en perfek gesny sodat dit net-net nie op die grond was nie met ‘n effense sleep en kon ek dus nog gemakliker geloop het. Ek kon met perde foto’s neem en in ‘n trekker in- en uitklim en sit met gemak. Ek kon gemaklike skoene dra en my styl uitleef. My gunsteling aspek is hoe my rok my persoonlikheid uitgebeeld het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media