Ansheila Oosthuizen

Hoërskool Kalahari

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Jolandie van Jolaché Couture het my gehelp om my droom rok te ontwerp. Dit was versier met 100de kristalle, pêrels en krale materiaal wat spesiaal met die hand uitgesny en vasgewerk was op die 'mesh' materiaal. Die A-lyn hals met die lae rug en effense sleep het my figuur baie mooi gekomplimenteer. Ek wou nog altyd 'n rok gehad het wat my persoonlikheid weerspieël en my rok het die moderne en elegante gevoel uitgebeeld wat ek wou gehad het. Dit het die illusie geskep dat dit deurskyn, maar dit was steeds smaakvol.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou iets anders na die tafel toe bring as 'n normale matriekafskeid rok. Dit moes spesiaal wees en die koppe laat draai. My inspirasie was my belangstelling in mode en styl. Ek het met die hulp van Jolache Couture my eie unieke rok ontwerp met my gunsteling dele en materiaal.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

As ek een ding moes uitsonder sou dit die rug wees. Die lae rug het die illusie geskep dat dit deurskyn en was versier met kristalle en pêrels wat lyk asof dit wegstaan van die 'mesh' materiaal. Dit was absoluut die mooiste rok wat ek nog ooit gedra het!

Datum van matriekafskeid?

2023-04-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media