Anri Vermaak

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekrok is sjampanje kleurig wat bestaan uit twee verskillende dele wat die rok in geheel afrond. Die boonste deel van die rok bevat tydlose patrone en die onderste deel bevat effe kleur blink sjampanje lap met ñ elegante sleep met ñ spleet aan my linkerkant tesame met ñ vloeiende voorkoms.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Transvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Matriekafskeid is ñ viering van elke leerder se skoolloopbaan en daarom het ek ñ skitterende sjampanje kleurige rok gekies om aan te sluit by die viering! My rok simboliseer my persoonlikheid daarom is dit nie uitspattig nie maar steeds stylvol en elegant.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die patrone op my rok met handgewerkte kraletjies dra by tot die sentimentele waarde van my rok asook my ontwerper - Ilze Delport en haar moeder se handewerk wat my droom realiseer het. Die blink kant en fleeskleurige net het dit laat lyk asof net die kant op my lyf vertoon. Die sjampanje lap skitter sodra dit lig vang en ñ vloeiende effek ontstaan weens harde soom in my rok. Die verskeie teksture en spleet komplementeer my geaardheid en dra by tot ñ samevloeiende geheelbeeld van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media