Anri Vermaak
Hamakom Privaatskool
Tuisdorp
Hartbeespoort
Skool
Hamakom Privaatskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het die rok en alle bykomstighede by Shein gekoop.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek het eerstens van die kleur gehou. Groen was nog altyd my gunsteling kleur. Gevoel dit pas by my uitbundige dog konserwatiewe persoonlikheid. Die rok was vir my baie stylvol, ek hou daarvan om altyd stylvol aan te trek na enige geleentheid.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Die rok het my toegelaat om my persoonlikheid te wys.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die aankoms by die onthaal en uitstap op die rooi tapyt. En natuurlik ook die fotosessie.
Planne vir na matriek
Ek gaan 'n gap jaar vat. Nog nie seker wat om te studeer nie. Gaan in die gap jaar kort kursusse doen en bywoon om meer klarigheid te verkry.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skobbejak
Datum van matriekafskeid
2025-10-03