Anri le Roux

Anri le Roux Anri le Roux Anri le Roux

Ouderdom

18

Tuisdorp

Robertson

Skool en dorp/stad van skool

Robertson Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie het nie op Pinterest begin nie, dit het in 'n aanpas hokkie begin.

Ons het na drie verskillende winkels toe gegaan. Koop, huur, alles. Maar elke rok wat ek aangetrek het, het amper dieselfde gelyk. Mooi, ja, maar nie EK nie. Ek het nie soos myself gevoel nie. Ek wou nie net nog 'n meisie in nog 'n rok wees op my matriekafskeid nie.
Toe, heel last-minute, kry ek die geleentheid om 'n rok te laat maak. En skielik het my kreatiwiteit ingeskop. Idees het in my kop gejaag, ek kon nie eers besluit wat ek wil hê nie, want vir die eerste keer kon ek enigiets wees.

Ons is toe na verskeie materiaalwinkels en die heel eerste materiaal waaraan ek gevat het, was die goue materiaal. Daardie blink, sagte korset materiaal. Van daardie oomblik af het alles soos 'n legkaart bymekaar geval. Die goue korset was die begin, toe kom die dusty-blue, toe die ruffles, toe die roos detail op die heup. Deur die loop van die maak-proses het die rok self sy vorm en sy storie gekry, dit was nie beplan nie, dit het gebeur.

Die rok was eers op die dag van my matriekafskeid self klaar. Ek gaan nie lieg nie, ek was verskriklik gestres. Maar toe ek hom uiteindelik aantrek, die heel eerste keer daardie selfde dag, het al daai stres weggeval.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media