Anouk van der Bank

HMS Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

kolwyntjie

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het in graad 11 'n foto van 'n "tulle" trourok gesien. Meteens het ek geweet dat ek my matriekafskeidrok daarop wou baseer. Die "drop waist" en "open boning corset" was net te mooi om nie geïnspireerd te voel nie. Ek het nog nooit 'n blou rok na 'n skooldans gedra nie...selfs al is dit my gunsteling kleur. Die rede hiervoor is eenvoudig: ek het die kleur blou gespaar vir my matriekafskeid. Hierdie besluit het werklik my rok meer spesiaal gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek beskou my rok as'n feesviering van my skoolloopbaan. Dit simboliseer al die skaterlag pouses, veeleisende eksamens, elke wiskundeformule, oomblikke van groei, (hier en daar trane), nuwe vriendskappe en glimlag in die skoolgange. Die eenvoud van die lae "tulle" en silloutte het my soos Anouk laat voel, maar terselfdetyd soos 'n prinses. Ek het bietjie soos aspoestertjie na die rekordeksamen gevoel - een oomblik leer ek nog skeinat in my pajamas en die volgende oomblik stap ek oor 'n rooitapyt in 'n asemrowende aandrok.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media