Anouk Moolman

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die idee vir my rok het oorspronklik baie kompleks gevoel, maar dit het uiteindelik gerealiseer te danke aan ontwerper Lena-Lisa wat dit perfek gemaak het. My rok het bestaan uit twee verskillende lae ligte pienk lap, met ’n corset struktuur aan die bokant wat toegmaak is deur die boonste laag lap wat uit dun voue (“pleats”) bestaan het, asook die onderste laag lap wat die rok ’n mooi skitter-effek gegee het. Die onderkant van die rok het bestaan uit ’n lang romp met ‘n spleet aan die voorkant met ‘n korter laag van die gevoude lap wat bo oor hang. Alhoewel ek oorspronklik skrikkerig was vir die ligte pienk kleur van die lap, dink ek dit het my vel mooi gekomplementeer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek dink elke klein dogtertjie droom al van kleins af oor die spesiale aand waar hulle soos ‘n prinses kan voel en daarom het ek dit as inspirasie gebruik vir my rok. Ek wou definitief ook soos ‘n prinses voel die aand, om die ‘magic’ van die aand werklik te ervaar. Ek is baie geinspireer deur fotos wat ek op Pinterest gesien het van verskillende rokke met pleated lap en met die hulp van Lena-Lisa het ons die rok eie aan my gemaak. Die ontwerp was definitef uniek en ‘iets anders’ as waaraan mense gewoond is en ek dink dit was ‘n groot sukses

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was definitief die struktuur van die rok, wat deur die verskillende lyne, patrone en teksture geskep is, wat ‘n pragtige silhoeët voortgebring het. Ek is mal oor die ligte pienk kleur wat gebruik is en hoe die lap geskitter het in die son. Die ontwerp van die rok was so kompleks en steeds het dit so elegant en eenvoudig gelyk, waarvan ek baie gehou het. Ek het werklik soos ‘n regte prinses gevoel en dit het alles my aand baie spesiaal gemaak.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media