Anneline Wepener
Hoërskool Ferdinand Postma
Tuisdorp
Carletonville
Skool
Hoërskool Ferdinand Postma
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok aanlyn by Stacees gekoop.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My oorspronklike idee was 'n blommerige vloeiende pers rok, maar ek kon nie iets kry wat my oog vang nie. Toe kom Pinterest... Dit was totaal en al gevul met rokke wat soos glinsterende watervalle lyk en ek sê vir julle, BOERPOT!
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok is die uitbeelding van my innerlike mens. Ek was altyd bekend as die stil kind op skool, en dit beteken kinders het my nie regtig persoonlik geken nie. Hierdie was die pers bom, die onthulling van Anneline. :) Die fyn blom patrone beeld die fyne, sagte kant van my persoonlikheid uit. Die valle kan die mure om my as mens verteenwoordig en die pers is natuurlik my gunsteling kleur. Pers simboliseer kreatiwiteit, wysheid, uniekheid, en 'n meer introverte aard (en ek voel als van dit is waar van my).
Hoogtepunt van die matriekafskeid
ONS KAR. Die ding wat ek gedink het ek sou die minste geniet is toe die ding wat ek die meeste geniet het. Dis nie alledaags om in 'n "matte black" Supra te ry nie en veral nie met 'n oom wat weet hoe om te drift nie. Die adrenalien skop in soos die turbo in die enjin en die volgende oomblik sonder dat jy weet, pop jou plastiek nael af reg voordat jy die rooi tapyt aanvat.
Planne vir na matriek
Ek gaan IT by Noordwes Universiteit swot. Nadat ek gestudeer het, wil ek graag inval by VivA se IT internskap. Ek het die voorreg gehad om hierdie jaar op VivA se taal- en tegnologie toer te gaan en dit het my geïnspireer om nie net aan te sluit by die vordering van Afrikaans as 'n taal nie, maar ook om sagteware en kunsmatige intelligensie (AI) meer toeganklik vir studente en mede Afrikaans sprekendes oor die wêreld te maak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Melkmuil :)
Datum van matriekafskeid
2025-08-22