Annelie Bath

Hoërskool Outeniqua

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Soveel matriekafskeid rokke word net eenmaal gedra en dan verkoop, ek wou graag iets stylvol, vroulik en klasiek hê, sodat ek dit weer kan gebruik. Om die rok meeldoelig te maak is die romp en korset in twee dele, dus kan hul weer apart gedra kan word saammet ‘n ander bo- of onderstuk. Die korset se kant het net die regte hoeveelheid “bling” om dit nie oordadig te maak nie. Die wye sirkel romp en styl van die korset sal ook nie vinnig uit die mode gaan nie, omdat dit so vleiend is. Die unieke kleur, kant en Ombre tulle sorg vir die bietjie drama wat mens met ‘n matriekafskeid rok wil hê.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Outeniqua

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geweet ek wil ‘n korset met ‘n wye neklyn hê, met die romp en korset apart sodat dit weer gebruik kan word. Die res van die rok het ontwikkel soos ons rokke aangepas het om die regte romp, styl en kleur te kry. Ek het ook geweet ek moet ‘n sterk kleur kies om by my gelaatstrekke te pas, dus het hierdie unieke donker druif-pers dadelik my aandag getrek. Die Ombre tulle bo-oor die romp was ‘n toevallige vonds by ‘n lokale materiaal winkel wat perfek by die rok se skakering gepas het

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die mooi neklyn , besonderse kleur en die wye Ombre tulle romp maak dit ‘n baie treffende rok. Wat die rok nog meer spesiaal maak is dat my tante (my ouma se suster) van 80 die rok gemaak het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media