Annel Stander

Durbanville Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

My gunsteling woord is “koggel.” Die rede hoekom dit so spesiaal vir my is, is omdat dit ’n inside joke is tussen my en my vriendin. Die eerste keer toe sy vir my sê: “Hou op my koggel,” kon ek nie glo dis ’n regte woord nie! Ek het so gelag en van daardie dag af — in graad 8 — het “koggel” my gunsteling woord geword. Nou gebruik ek dit elke keer as ek die kans kry, want dit herinner my aan ons vriendskap, aan daardie snaakse oomblik, en aan hoe lekker dit is om net saam te lag oor die klein dinge in die lewe. 💛

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok het begin toe ek in graad 6 vir die eerste keer die live action Cinderella gekyk het. Van daardie oomblik af het ek geweet — eendag wil ek ook so voel: iets dra wat blink in die son en glinster met elke tree wat ek gee. 🌤️ Jare lank het ek ander meisies se matriekafskeidstyle bewonder, en ook gesien wat soms verkeerd loop — rokke wat te lank is, slits wat opwaai, of iets wat net nie gemaklik voel nie. Ek wou dit anders doen. Ek het gekies vir ’n korter lengte sodat ek nie sou struikel nie, en geen slit nie sodat ek net vry kon beweeg. Ek wou iets hê wat uniek is — iets wat mense twee keer laat kyk. ✨ Toe ek die eerste keer my rok aanpas, het tannie Leandé se oudste seun my aangekyk en gesê: “Wow, Nellie, jy lyk soos Cinderella.” En daardie oomblik het ek geweet — dit is presies wat ek wou hê. Elke kraaltjie is met die hand opgestik, elke detail met liefde beplan. Hierdie rok is meer as net materiaal — dis ’n droom wat van kleins af gegroei het en uiteindelik waar geword het. 💙

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My matriekafskeidrok is meer as net ’n rok — dis ’n storie van drome, geduld, liefde en harde werk. Elke steek en elke kraaltjie dra ’n deel van my reis, en ja… selfs ’n paar trane en sweet. Die pad om my droomrok te maak was nie altyd maklik nie. Ons moes heeltemal oorbegin nadat die lengte verkeerd was — as jy mooi kyk, sal jy sien daar is ’n double lining onder, omdat lap aan die voorkant aangelas moes word sodat dit by die agterkant pas. Die korset is ook besonders: dit was oorspronklik deel van my broer se maatjie se ma se trourok, wat sy vir my gegee het nadat ek nie gemaklik gevoel het in die oorspronklike ontwerp nie. Daardie stuk het ’n tweede kans gekry — en dit het my rok net nog meer betekenisvol gemaak. Die rok is ook gemaak sodat ek ná die dans ’n korter weergawe kon dra vir die after party — een wat bo my knieë kom, maar steeds dieselfde magie het. My rompdeel alleen weeg vyf kilogram, en teen die einde van die aand was my heupe blou van die gewig — maar elke oomblik, elke seer spiertjie, was dit werd. Hierdie rok is vir my ’n herinnering dat mooi dinge nie altyd maklik kom nie, maar dat drome wat met liefde, deursettingsvermoë en ’n bietjie sprokiesgloed gemaak word, altyd die moeite werd is. ✨

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media