Annecke Gous

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In ‘n wêreld van kits- mode en vermorsing wou ek baie graag ‘n standpunt maak vir volhoubaarheid en het dus besluit om ‘n vorig geliefde trourok ‘n tweede kans te geen om in die kollig te wees. Ek het dus ‘n trourok uit die 1980’s gekoop en omskep in my droomrok. Ek, my ma en ‘n vriendin van haar het al die werk self gedoen van die lyfie presies laat pas, kleur en kralewerk restoreer tot ‘n nuwe tulle bo-romp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is die grootste deel van my lewe ‘n ballerina gewees en is steeds ‘n Barbie liefhebber. Dus was my inspirasie ‘n ware prinses rok a la Barbie maar met die kleurspeling van lae tulle soos ‘n spesifieke tutu wat ek vir een konsert gedra het. My matriekafskeid sou my Barbie ballerina prinses oomblik wees, want wanneer het jy nou ooit weer die kans? Die kleurkeuse was maklik – Pretoria in Oktobermaand is Jakarandapers. Die ou trourok is pers gekleur en die romp het 6 lae tulle oor gekry van eiervrug pers tot ligpienk met wit met silwer blinkertjie vir die heel boonste laag.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alhoewel die wye romp met ombre effek vir my baie mooi is, is my gunsteling deel die ou kant en pêrel borduurwerk op die toppie. Dit het my eenvoudige soos ‘n ouwêreldse prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media