Anné Adam
Ouderdom
18
Tuisdorp
Cradock
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Cradock
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek glo elke meisie droom daarvan om in 'n pofferige prinsesrok te dans. Tog wou ek hê my rok moes ook my persoonlike styl weerspieël. Daarom is die ontwerp noupassend om die bolyf, middel en heupe, met sagte valle wat eers in die middel van die romp begin. Hierdie kombinasie skep die perfekte balans tussen ’n elegante, vroulike silhoeët en die sprokiesagtige prinses-effek waarvan ek nog altyd gedroom het.
