Annalien Hurter

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My unieke matriekafskeid rok is deur Gayle Wilkie in Strand gemaak. Die fluoressende pienk rok het ń korset bostuk met plooie en ń lang balromp met ń sleep. Die rok het n pragtige pienk strik wat aan die bokant van die rokspleet aan die linkerkant van my rok sit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek ń klein dogtertjie was wou ek nog altyd my Barbie drome uitleef deur ń pienk rok by ń dans te dra, hierdie jaar het daardie droom waar geword! ń Jaar terug het ek my droom rok op Pinterest gesien en kon nie ophou daaraan dink nie. Van die kleur tot die groot strik was perfek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is definitief die kleur en die strik. Beide hierdie elemente beeld my helder, sprankelende persoonlikheid uit. Die pienk kleur het vir my werklik soos ń Barbie pop laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media