Anna-Mart Retief

Hoërskool Stellenberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Op my foon het ek ‘n matriekafskeid album gehad met verskeie ontwerpe en ook met ontwerpers gesels. Maar na alles het ek en die persoon wie my die beste ken, my ma, die rok saam ontwerp. Hierdie spesiaal ontwerpte rok is met baie liefde en deernis gemaak deur tannie Mienkie Mengel. Die blou rok is in ‘n eenvoudige, gemaklike styl wat sag val na onder en ‘n slit op die linkerbeen vir die skep van ‘n sensuele prentjie. Die skouerlose rok se fokuspunt is die sagte blomblare wat mekaar oorvleuel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenberg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou hê dat my rok en die kleur daarvan ‘n toonbeeld sal wees van wie ek, Anna-Mart, is. Op die oog af dalk eenvoudig en alledaags, maar met besondere en unieke eienskappe soos die blomblaar element op die rok. Die spesifieke blou is sonder twyfel die kleur vir my! Tesame met die treffende oorbelle het dit my blou oë, een van my grootste bates, laat “pop”. Saam was dit die matriekafskeidprentjie waarvan ek gedroom het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is beslis die sagte blomblare aan die bokant van my rok. Dit maak die rok uniek en gee dit absoluut die “wow” faktor wat my sagtheid en jeugdige voorkoms en persoonlikheid komplimenteer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media