Anlu Lansdell

Hoerskool Pietersburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My gunsteling kleur was nog altyd blou. Ek wou oorspronklik 'n koningsblou lap gekies het totdat ek vir Lea op sosiale media gesien het met 'n unieke kleur rok. Ek was dadelik mal oor die kleur. ek en y ma het toevallig presies die regte kant ontdek. Ek was oorspronklik baie onseker oor die ontwerp, en wou baie plein gaan, maar die kant het my anders laat besluit. Ek het ook geweet ek wil nie 'n styf passende rok dra nie, want dit moet nogsteeds gemaklik wees. Die mooi sagte vloei van die satyn het beter by my geaardheid en my figuur gepas. Die rug van my rok was uniek, agv die band agter by my skouers, aangesien dit als bymekaar gebring het en maak dat my rug sag en vroulik lyk. Die "V" vorm voor op my rok het meer diepte geskep. My rok het ook sakke gehaad.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoerskool Pietersburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie vir my rok is dat die rok gister, vandag en more in die mode sal wees. my doel was dat my rok my altyd sal laat mooi voel en dat ek nooit sal moeg word vir die kleur of die styl as ek in die spieel kyk nie. Die unieke blou kleur van my rok het ook perfek by my oë gepas .

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My oop rug was versker my gunsteling deel maar ook die feit dat ek gemaklik gevoel het in die rok. Ek het nooit deur die aand gevoel ek moet iets reg trek of op trek nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media