Anliné

Hoërskool Diamantveld

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vir my Matriekafskeidrok wou ek ń klassieke tydlose styl gehad het. Ek wou ń rok gehad het wat my natuurlike eienskappe soos my velkleur en veral my rooierige hare komplenteer en dit die fokuspunt van die "look" maak. Hierdie goue rok wat met fyn, goue kraletjies versier is, sodat dit net net skyn in die son tydens "Golden hour", het my ligte vel en arbeiblond hare die fokuspunt van die prentjie gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Diamantveld

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek glo ek is ń ou siel en hou baie van die klassieke style van die verlede. Daarom het ek iets gesoek wat tydloos sou bly. Die klassieke snit van die rok, asook die kleur , dink ek het die tipiese rooitapyt styl wat in Elvis se tyd groot mode sou wees, maar met ń moderne draai.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur. Alhoewel Goud seker nie heeltemal ń kleur is nie, is dit moeilik om die perfekte kleur te kry wat rooiblonde hare laat uitstaan. Ek dink dit is ń kleur wat baie mense bang is om te vat, maar ek sou nie ń beter kleur kon kies om my te komplenteer nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-04-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media